Aspalathus cinerascens is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en is deel van die fynbos. Dit kom vanaf die Groot Winterhoekberge, noord van Uitenhage tot by die Groot-Visriviervallei naby Peddie voor en noordwaarts tot by die Boschberg naby Somerset-Oos. Die plant word rondom Port Elizabeth en Uitenhage bedreig deur voorstedelike en industriële ontwikkeling. Tans is die populasie stabiel.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
cinerascens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika