Aspalathus cliffortiifolia is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en is deel van die fynbos. Dit kom by Port Elizabeth voor. Die enigste spesie was gevind in 1911 te Humewood in Port Elizabeth en was in 2009 as Moontlik Uitgestorwe aangedui. Vrywilligers van Custodians of Rare and Endangered Wildflowers het egter in 2010 twee klein, gefragmenteerde subpopulasies gevind, die een in Port Elizabeth en die ander suid van die stad. Altwee subpopulasies se getalle daal, die een as gevolg indringerplante en die ander as gevolg van stedelike ontwikkeling. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km².
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
cliffortiifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika