Aspalathus compacta is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit kom in die Skurweberg naby Ceres voor en het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km². Die plant het reeds 60% van sy habitat afgestaan aan vrugte boorde en die bedreiging bestaan steeds. Die plek waar die oorspronklike spesie gevind is het verlore gegaan en onlangs is twintig nuwe plante ontdek, die enigste oorblywende plante.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

compacta Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika