2-Metielpentaan, ook algemeen bekend as isoheksaan (maar 3-metielpentaan en 2,3-dimitielbutaan word alby ook isoheksaan genoem), is 'n vertakte-ketting alkaan met die molekulêre formule . Dit is 'n strukturele isomeer van heksaan wat uit 'n metielgroep wat aan die tweede koolstofatoom in 'n pentaanketting gebind is bestaan. Beide die smeltpunt en kookpunt van 2-metielpentaan is effens hoër as dié van die isomeer 3-metielpentaan, terwyl die digtheid daarvan effens laer is.

In die toepassing as 'n brandstofbymiddel het 2-metielpentaan 'n navorsingsoktaangetal van 75, motoroktaangetal van 77 en setaangetal van 29.

Bronne

Verwysings

Kategorie:Chemie Kategorie:Organiese chemie Kategorie:Organiese verbindings