Aspalathus barbigera is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die renosterveld-plantegroei. Dit kom in die Bredasdorp omgewing voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 8400 km² en 70% van die plant se habitat is omgeskakel na koringlande. Daar is slegs sewe subpopulasies oor wat bedreig word deur indringerplante, oorbeweiding en te min veldbrande; die spesie benodig brande om voor te plant.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

barbigera Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika