Psoralea semota is 'n klein struik in die familie Fabaceae en is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom op die hellings van die Hexrivierberge, Langeberg en Riviersonderendberge tussen 1 000 m en 1130 m, op die suidelike en suidoostelike hellings, voor en is deel van die fynbos. Die populasies word beraam as klein en kan bedreig word deur onbeheerde brande.
Bronnelys ScienceDirect Plants of the World Online Biodiversityadvisor
semota Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika