Die T20I-wêreldbeker 2022 (Engels: 2022 ICC Men’s T20 World Cup) is van 16 Oktober tot 13 November 2022 in Australië beslis. Dit was die agtste T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Australië. Oorspronklik sou dié toernooi in 2020 plaasvind, maar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is dit deur die Internasionale Krieketraad uitgestel. Daarmee het elke vasteland minstens een T20I-wêreldbekertoernooi gehuisves. In Augustus 2020 het die IKR aangekondig dat Australië die 2022-toernooi sou aanbied, terwyl die 2021-toernooi soos oorspronklik beplan in Indië sou plaasvind, maar dit is later na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif. Sedert die 2010-toernooi in Wes-Indië was dit die eerste T20I-wêreldbekertoernooi wat nie in ’n Asiatiese land gehou is nie. Die gasheer Australië was ook die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2021 gewen het.

duimnael|links|upright|Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2021 het onveranderd gebly en 16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2022 deelgeneem: Die twaalf beste spanne van die vorige toernooi (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Nederland, die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe).

Tydens die T20I-wêreldbeker 2022 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 15 November 2021 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaaste spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die vier beste spanne van elke groep in die Super Twaalf – altesaam agt spanne – het regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië gekwalifiseer. Dit was die laaste toernooi met die aantal van 16 nasionale krieketspanne; vir die volgende 2024-toernooi is die aantal tot 20 verhoog.

Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Pakistan het Nieu-Seeland geklop en Engeland vir Indië, waardeur Engeland en Pakistan mekaar in die eindstryd ontmoet het. Engeland het Pakistan in die eindstryd op die Melbourne-krieketveld in Melbourne met vyf paaltjies verslaan en sodoende ná 2010 sy tweede T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Daarbenewens het Engeland die eerste mansspan geword wat beide die krieketwêreldbeker- en die T20I-wêreldbekertitel op dieselfde tydstip gehou het, aangesien hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2019 ook gewen het. Beide die gasheer en verdedigende wêreldkampioen Australië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel, terwyl die tweemalige wenner Wes-Indië nie die Super Twaalf kon haal nie. Namibië is ná een oorwinning en twee nederlae reeds in die eerste rondte uitgeskakel, terwyl Zimbabwe vir die eerste keer die tweede rondte van ’n T20I-wêreldbekertoernooi gehaal het, waar hulle ná een oorwinning en drie nederlae uitgeskakel is.

Toewysing Australië is reeds in Februarie 2015 saam met Nieu-Seeland as gashere van die beplande T20I-wêreldbeker 2020 aangewys, waarmee dit die eerste T20I-wêreldbekertoernooi in albei lande sou gewees het. Die toernooi sou van 18 Oktober tot 15 November 2020 beslis word. Voor die T20I-vrouewêreldbeker 2018-eindstryd het die IKR aangekondig dat die Wêreldtwintig20 vir beide mans en vroue van 2020 af in T20I-wêreldbeker hernoem sal word om dié toernooi se profiel langs ander IKR-toernooie in ander formate te verhoog (die Krieketwêreldbeker in EDI-krieket en die Wêreldtoetskampioenskap).

In April 2018 het die Internasionale Krieketraad aangekondig dat die T20I-wêreldbeker 2022 die beplande Kampioenetrofee 2021 sou vervang. Dié aankondiging het gekom nadat die IKR van 1 Januarie 2019 aan al sy lede volle T20I-status toegeken het.

In Julie 2020, toe die vorige T20I-wêreldbeker 2020 weens die wêreldwye Covid-19-pandemie hersien is, het die destydse voorsitter van Krieket Australië, Earl Eddings, voorgestel dat Australië die toernooi in Oktober 2021 sal aanbied en Indië een jaar later in 2022. Die IKR het ook bevestig dat óf Australië óf Indië, die gashere van die vir onderskeidelik 2020 en 2021 beplande toernooie, hierdie toernooi sou aanbied. In Augustus 2020 het die Internasionale Krieketraad Indië as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2021 aangewys en Australië as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2022. Dit was die eerste kriekettoernooi wat geheel en al in Australië aangebied is.

Deelnemers Kwalifisering In Oktober 2019 is berig dat die IKR met die T20I-wêreldbekerkwalifisering sou wegdoen. Gevolglik sou twaalf spanne van die T20I-wêreldbeker 2021 en vier spanne van kwalifiseringstoernooie vir die T20I-wêreldbekertoernooie kwalifiseer. Op 23 Januarie 2020 het die IKR al die besonderhede van die kwalifiseringsproses bekendgemaak.

Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer: Afghanistan, Australië (gasheer), Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as Super Twaalf-spanne van die vorige T20I-wêreldbeker 2021 regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer. Ierland en die Verenigde Arabiese Emirate het as die beste spanne van die T20I-wêreldbekerkwalifisering A in 2022 vir dié toernooi gekwalifiseer, met onderskeidelik Ierland in Groep B en die Verenigde Arabiese Emirate in Groep A. Nederland en Zimbabwe het as die beste spanne van die T20I-wêreldbekerkwalifisering B in 2022 vir dié toernooi gekwalifiseer, met onderskeidelik Zimbabwe in Groep B en Nederland in Groep A. Die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe, wat onderskeidelik Oman en Papoea-Nieu-Guinee vervang het, is die enigste veranderings in die 16-span-lys van die T20I-wêreldbeker 2021. Soos tydens die T20I-wêreldbeker 2012 is daar geen nuwe toetreders nie.

Kwalifiserende spanne duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2022-kwalifisering; altesaam 76 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerAgtste2021Kampioen (2021)RegstreeksSesde2021Tweede rondte (2016, 2021)Agtste2021Tweede rondte (2007, 2014, 2016, 2021)Agtste2021Kampioen (2010)Agtste2021Kampioen (2007)Tweede2021Super Twaalf (2021)Agtste2021Naaswenner (2021)Agtste2021Kampioen (2009)Vyfde2021Super Twaalf (2021)Agtste2021Kampioen (2014)Agtste2021Halfeindrondte (2009, 2014)Agtste2021Kampioen (2012, 2016)T20I-wêreldbekerkwalifisering A in 2022Sewende2021Super Agt (2009)Tweede2014Eerste rondte (2014)T20I-wêreldbekerkwalifisering B in 2022Vyfde2021Super Tien (2014)Sesde2014Eerste rondte (2007, 2010, 2012, 2014, 2016)

Stadions Tydens die toernooi is sewe Australiese stadions gebruik. Altesaam 45 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2022 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Op 15 November 2021 het die Internasionale Krieketraad die gasheerstede vir die toernooi bevestig. Die gasheerstede was Adelaide, Brisbane, Geelong, Hobart, Melbourne, Perth en Sydney. Die halfeindstryde is op die Sydney-krieketveld en die Adelaide-ovaal gehou, terwyl die eindstryd op die Melbourne-krieketveld beslis is.

Adelaide Brisbane Geelong Adelaide-ovaal The Gabba Kardiniapark Kapasiteit: 55 317 Kapasiteit: 42 000 Kapasiteit: 26 000 150px 150px 150px Hobart Perth Bellerive-ovaal Perthstadion Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 61 266 150px 150px Melbourne Sydney Melbourne-krieketveld Sydney-krieketveld Kapasiteit: 100 024 Kapasiteit: 48 601 150px 150px

Formaat Die T20I-wêreldbeker 2022 is oor 29 dae tussen 16 verskillende spanne oor 45 wedstryde beslis. Dit het op 16 Oktober 2022 op Kardiniapark in Geelong met die openigswedstryd tussen Namibië en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne op 13 November met die eindstryd tussen Engeland en Pakistan, waartydens Engeland die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbeker 2021 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2022 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Twaalf, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd. Die T20I-wêreldbeker 2022 is presies een jaar ná die 2021-toernooi gehou.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteOktoberSo16Ma17Di18Wo19Do20Vr21Groep A | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2Super TwaalfOktober/NovemberSa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So30Ma31Di1Wo2Do3Vr4Sa5So6Groep 1 | bgcolor=#7DF9FF| 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 2

| bgcolor=#7DF9FF| 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1 |Groep 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 2

| bgcolor=#7DF9FF| 3

| bgcolor=#7DF9FF| 3

| bgcolor=#7DF9FF| 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 3UitklopfaseNovemberMa7Di8Wo9Do10Vr11Sa12So13Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Eerste rondte en Super Twaalf Die T20I-wêreldbeker 2022 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste volle lede op die T20I-wêreldranglys soos op 15 November 2021 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die Super Twaalf deurgedring.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.

Die Super Twaalf is deur twaalf spanne in twee groepe van ses spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vyf wedstryde in die Super Twaalf gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Twaalf-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.

2022-effek op 2024-kwalifisering