Die T20I-wêreldbeker 2030 (Engels: 2030 ICC Men’s T20 World Cup) sal in Junie 2030 in Engeland, Ierland en Skotland beslis word. Dit sal die twaalfde T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in beide Ierland en Skotland, terwyl Engeland voorheen die 2009-toernooi aangebied het.

duimnael|links|upright|Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word Die toernooi se formaat van 2024, 2026 en 2028 bly onveranderd en 20 krieketspanne sal aan die T20I-wêreldbeker 2030 deelneem: Die drie medegashere (Engeland, Ierland en Skotland), die agt beste spanne van die vorige toernooi, saam met die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys en die wenners van die kontinentale kwalifiseringstoernooie.

Tydens die T20I-wêreldbeker 2030 sal 55 wedstryde gespeel word, waaronder 40 tydens die eerste rondte, twaalf in die Super Agt, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne word in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep kwalifiseer hierna vir die Super Agt, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 20 boulbeurte per span. Die agt beste spanne van die T20I-wêreldbeker 2030 sal saam met die gasheer van die 2032-toernooi regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2032 kwalifiseer.

Toewysing Die T20I-wêreldbeker 2030 is deur die Internasionale Krieketraad in November 2021 aan Engeland, Ierland en Skotland toegewys. Engeland het voorheen die 2009-toernooi gehuisves, terwyl beide Ierland en Skotland vir die eerste keer as medegashere sal optree. Engeland, Ierland en Skotland het voorheen saam met Nederland die Krieketwêreldbeker 1999 gehuisves.

Deelnemers Kwalifisering Aan die T20I-wêreldbeker 2030 sal 20 spanne kan deelneem. Die medegashere Engeland, Ierland en Skotland, die agt beste spanne van die vorige T20I-wêreldbeker 2028 en die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys sal regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2030 kwalifiseer. Die oorblywende agt plekke sal tydens plaaslike kwalifiseringstoernooie bespreek word, met drie spanne van die gesamentlike Asië-Stille-Oseaan-kwalifisering, twee spanne elk uit Afrika en Europa, saam met een span uit die Amerikas.

Kwalifiserende spanne Die volgende drie spanne het reeds vir die T20I-wêreldbeker 2030 gekwalifiseer. Later sal nog 17 spanne kan aansluit.

(medegasheer) (medegasheer) (medegasheer)

Formaat Eerste rondte en Super Agt Die T20I-wêreldbeker 2030 sal deur 20 nasionale krieketspanne uitgespeel word. Die spanne sal in vier groepe van vyf spanne elk verdeel word. Elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span vier wedstryde in die eerste rondte speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van elke groep dring na die Super Agt deur.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word. Dit sal van toepassing wees in alle fases van die toernooi.

Die Super Agt sal deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk uitgespeel word, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep sal speel, dus sal elke span drie wedstryde in die Super Agt speel. Die kwalifisering sal gegrond wees op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopfase moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal word.

2030-effek op 2032-kwalifisering Die agt beste spanne van die 2030-toernooi (saam met die 2032-gasheer) sal regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2032 kwalifiseer.

Wedstryde Kwalifiseer vir die Super Agt én regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2032.Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die T20I-wêreldbeker 2032 mis. Die wedstryde word in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase.

Eerste rondte 20 spanne sal aan die eerste rondte deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die Super Agt deurdring en saam met die gasheer regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2032 kwalifiseer.

Groep A Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Groep B Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Groep C Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Groep D Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Super Agt Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Agt spanne sal aan die Super Agt deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die uitklopfase deurdring.

Groep 1 Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Groep 2 Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Uitklopfase Die uitklopfase sal bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd sal ontmoet.

Halfeindrondte

Eindstryd

T20I-wêreldkampioen 2030Eindstrydwenner

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Geskiedenis van Ierland Kategorie:Geskiedenis van Skotland Kategorie:Geskiedenis van Wallis Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Ierland Kategorie:Krieketkompetisies in Skotland Kategorie:Krieketkompetisies in Wallis 2030 Kategorie:Sport in 2030