Hierdie artikel handel oor die manskriekettoernooi. Vir die artikel oor die vrouekriekettoernooi, sien T20I-vrouewêreldbeker 2028.

Die T20I-wêreldbeker 2028 (Engels: 2028 ICC Men’s T20 World Cup) sal van 21 Oktober 19 November 2028 in Australië en Nieu-Seeland beslis word. Dit sal die elfde T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Nieu-Seeland, terwyl Australië voorheen die 2022-toernooi aangebied het. Ná die krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 2015 sal dit die derde internasionale kriekettoernooi wees wat albei Oseaniese lande saam huisves. Indië is die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2026 gewen het.

duimnael|links|upright|Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word 20 krieketspanne sal aan die T20I-wêreldbeker 2028 deelneem: Die twee medegashere (Australië en Nieu-Seeland), die ná Nieu-Seeland sewe beste spanne van die vorige toernooi (Engeland, Indië, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die drie naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 9 Maart 2026 (Afghanistan, Bangladesj en Ierland) en die wenners van die kwalifiseringstoernooi.

Tydens die T20I-wêreldbeker 2028 sal 55 wedstryde gespeel word, waaronder 30 tydens die eerste rondte, 20 in die Super Tien, en vyf in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne word in vyf groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep kwalifiseer hierna vir die Super Tien, waarvandaan die beste span van elke groep regstreeks vir die halfeindrondte kwalifiseer, terwyl in die elimineerders die naasbeste span van albei groepe die derde beste span ontmoet om die twee oorblywende plekke in die halfeindrondte te beslis, en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 20 boulbeurte per span. Die agt beste spanne van die T20I-wêreldbeker 2028 sal saam met die drie medegashere van die 2030-toernooi regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2030 in Engeland, Ierland en Skotland kwalifiseer.

Toewysing Die T20I-wêreldbeker 2028 is deur die Internasionale Krieketraad in November 2021 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys. Australië het voorheen die 2022-toernooi gehuisves, terwyl Nieu-Seeland vir die eerste keer as gasheer sal optree. Australië en Nieu-Seeland het voorheen die krieketwêreldbekertoernooie in 1992 en 2015 saam aangebied. Saam met die Rugbywêreldbeker 2027 is dit een van twee vername toernooie wat Australië binne een jaar sal aanbied.

Australië en Nieu-Seeland is oorspronklik in Februarie 2015 as gashere van die T20I-wêreldbeker 2020 aangewys, waarmee dit die eerste T20I-wêreldbekertoernooi in albei lande sou gewees het. Die toernooi sou van 18 Oktober tot 15 November 2020 beslis word. Dit is egter weens die wêreldwye Covid-19-pandemie hersien met die 2021-toernooi wat aan Indië toegewys is en die 2022-toernooi aan Australië.

Deelnemers Kwalifisering Aan die T20I-wêreldbeker 2028 sal 20 spanne kan deelneem. Die twee medegashere Australië en Nieu-Seeland, die ná Nieu-Seeland sewe beste spanne van die vorige T20I-wêreldbeker 2026 (Engeland, Indië, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) en die drie naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 9 Maart 2026 (Afghanistan, Bangladesj en Ierland) het regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2028 gekwalifiseer. Die oorblywende agt plekke sal tydens ’n kwalifiseringstoernooi bespreek word, waarvoor tydens vyf vastelandse toernooie twee spanne elk van die kontinentale streke (Afrika, Asië, Europa, Amerika en Oos-Asië-Oseanië) sal kwalifisseer.

Kwalifiserende spanne Die volgende twaalf spanne het reeds vir die T20I-wêreldbeker 2028 gekwalifiseer. Later sal nog agt spanne kan aansluit. Interessant genoeg was die twaalf volle lede ook die regstreekse kwalifiseerders.

duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2028-kwalifisering. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerElfde2026Kampioen (2021)Elfde2026Naaswenner (2021, 2026)RegstreeksElfde2026Kampioen (2010, 2022)Elfde2026Kampioen (2007, 2024, 2026)Elfde2026Kampioen (2009)Elfde2026Kampioen (2014)Elfde2026Naaswenner (2024)Elfde2026Kampioen (2012, 2016)Agtste2026Tweede rondte (2022, 2026)T20I-ranglys op9 Maart 2026Negende2026Halfeindrondte (2024)Tiende2024Tweede rondte (2007, 2014, 2016, 2021, 2022, 2024)Tiende2026Tweede rondte (2009, 2022)

Formaat Die T20I-wêreldbeker 2028 sal oor 30 dae tussen 20 verskillende spanne oor 55 wedstryde beslis word. Dit sal op 21 Oktober met die openingswedstryd begin. Die toernooi sal op 19 November met die eindstryd eindig, waartydens die wenner die T20I-wêreldbekertrofee sal inpalm.

Eerste rondte en Super Tien Die T20I-wêreldbeker 2028 sal deur 20 nasionale krieketspanne beslis word. Die spanne sal in vyf groepe van vier spanne elk verdeel word. Elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span drie wedstryde in die eerste rondte speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van elke groep dring na die Super Tien deur.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word. Dit sal van toepassing wees in alle fases van die toernooi.

Die Super Tien sal deur tien spanne in twee groepe van vyf spanne elk beslis word, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep sal speel, dus sal elke span vier wedstryde in die Super Tien speel. Die kwalifisering sal gegrond wees op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit vyf wedstryde bestaan: twee elimineerders, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner van albei Super Tien-groepe sal regstreeks na die halfeindrondte deurdring, terwyl die naasbeste span van albei groepe in die elimineerders die derde beste span van die ander groep sal ontmoet om die twee oorblywende plekke in die halfeindrondte te beslis. Elke wedstryd in die uitklopfase moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal word.

2028-effek op 2030-kwalifisering Die agt beste spanne van die 2028-toernooi (saam met die 2030-medegashere Engeland, Ierland en Skotland) sal regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2030 kwalifiseer.

Wedstryde Kwalifiseer vir die Super Tien én regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2030.Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die T20I-wêreldbeker 2030 mis. Die wedstryde word in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Tien en die uitklopfase.

Eerste rondte 20 spanne sal aan die eerste rondte deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die Super Tien deurdring en saam met die medegashere Engeland, Ierland en Skotland regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2030 kwalifiseer.

Groep A Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Groep B Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Groep C Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Groep D Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Groep E Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Super Tien Kwalifiseer vir die halfeindrondte.Kwalifiseer vir die elimineerder.Uit die toernooi geskakel. Tien spanne sal aan die Super Tien deelneem. Die beste span in elke groep sal regstreeks na die halfeindstryd deurdring, terwyl die naasbeste span in die elimineerder die derde beste span van die ander groep sal ontmoet om die oorblywende halfeindplekke te beslis.

Groep 1 Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Groep 2 Spann.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0n.v.t.0000—0

Uitklopfase Die uitklopfase sal bestaan uit twee elimineerders, asook twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd sal ontmoet.

Elimineerder

Halfeindrondte

Eindstryd

T20I-wêreldkampioen 2028Eindstrydwenner

Sien ook

T20I-vrouewêreldbeker 2028

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Geskiedenis van Australië Kategorie:Geskiedenis van Nieu-Seeland Kategorie:Krieketkompetisies in Australië Kategorie:Krieketkompetisies in Nieu-Seeland 2028 Kategorie:Sport in 2028