Hierdie artikel handel oor die manskriekettoernooi. Vir die artikel oor die vrouekriekettoernooi, sien T20I-vrouewêreldbeker 2010.
Die T20I-wêreldbeker 2010 (Engels: 2010 ICC Men’s T20 World Cup) is van 30 April tot 16 Mei 2010 in Wes-Indië beslis. Dit was die derde T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2010 (2010 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend. Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Ná die Krieketwêreldbeker 2007 was dit die tweede groot kriekettoernooi in Wes-Indië.
duimnael|links|upright|Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is Hoewel die T20I-wêreldbeker sedert die eerste toernooi in 2007 al om die twee jaar gehou is, is die in 2010 beplande EDI-toernooi Kampioenetrofee in Wes-Indië in ’n T20I-formaat omgeskep nadat die Kampioenetrofee 2008 in Pakistan weens veiligheidskwessies uitgestel en die internationale kriekettoernooikalender aangepas moes word. Vervolgens het die T20I-wêreldbeker 2010 net tien maande ná die vorige T20I-wêreldbeker 2009 plaasgevind.
Die toernooi se formaat van 2007 en 2009 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2010 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan en Ierland). Afghanistan het vir die eerste keer vir ’n T20I-wêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee vir sy eerste vername internasionale kriekettoernooi.
Tydens die T20I-wêreldbeker 2010 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Australië, Engeland, Pakistan en Sri Lanka het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het die verdedigende wêreldkampioen Pakistan en Engeland vir Sri Lanka geklop, waardeur vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis geen Suid-Asiatiese span die eindstryd gehaal het nie. Engeland het Australië in die eindstryd op Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, met sewe paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel ingepalm. Beide die gasheer Wes-Indië en Suid-Afrika is in die Super Agt uitgeskakel, terwyl Zimbabwe nie die Super Agt gehaal het nie.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Wes-Indië as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2010 aangewys. Wes-Indië sou oorspronklik die Kampioenetrofee 2010 aanbied, maar nadat die vorige Kampioenetrofee 2008 in Pakistan weens veiligheidskwessies uitgestel moes word, is die 2010-toernooi in ’n T20I-wêreldbeker verander en Wes-Indië het as gasheer aangebly.
Deelnemers Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2010 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië (gasheer) en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2010 gekwalifiseer. Afghanistan en Ierland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Afghanistan het vir die eerste keer vir ’n belangrike internasionale kriekettoernooi gekwalifiseer, terwyl die leidende assosiaatlede Nederland en Skotland dié toernooi misgeloop het. Aangesien Zimbabwe aan die vorige 2009-toernooi onttrek het, het hulle nie ’n plasing in die 2010-loting verkry nie.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2010-kwalifisering; altesaam 20 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerDerde2009Halfeindrondte (2009)Volle ledeDerde2009Halfeindrondte (2007)Derde2009Super Agt (2007)Derde2009Super Agt (2007, 2009)Derde2009Kampioen (2007)Derde2009Halfeindrondte (2007)Derde2009Kampioen (2009)Derde2009Naaswenner (2009)Derde2009Halfeindrondte (2009)Tweede2007Eerste rondte (2007)T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2010Eerste –DebuutTweede2009Super Agt (2009)
Stadions Tydens die toernooi is drie Wes-Indiese stadions gebruik. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2010 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Gros Islet, Bridgetown, Georgetown, Beausejourstadion Kensington-ovaal Providencestadion Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 28 000 Kapasiteit: 15 000 200px 200px 200px
Formaat Die T20I-wêreldbeker 2010 is oor 17 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 30 April 2010 op Providencestadion in Georgetown, Guyana, met die openingswedstryd tussen Nieu-Seeland en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, op 16 Mei met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Engeland die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007 en 2009 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2010 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteApril/MeiVr30Sa1So2Ma3Di4Wo5Groep A | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1Groep B | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 |Groep C | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1Groep D | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 |Super AgtMeiDo6Vr7Sa8So9Ma10Di11Groep E | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 |Groep F | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2UitklopfaseMeiWo12Do13Vr14Sa15So16Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep BGroep CGroep D
Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel: Groep A: Gros Islet en Bridgetown Groep B: Georgetown Groep C: Gros Islet en Bridgetown Groep D: Georgetown
Eerste rondte en Super Agt Die T20I-wêreldbeker 2010 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 13 skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.
Skeidsregters Steve Davis (Australië) Simon Taufel (Australië) Rod Tucker (Australië) Ian Gould (Engeland) Shavir Tarapore (Indië) Billy Bowden (Nieu-Seeland) Tony Hill (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Asad Rauf (Pakistan) Asoka de Silva (Sri Lanka) Marais Erasmus (Suid-Afrika) Rudi Koertzen (Suid-Afrika) Billy Doctrove (Wes-Indië)
Wedstrydbeamptes Alan Hurst (Australië) Andy Pycroft (Zimbabwe) Ranjan Madugalle (Sri Lanka)
Wedstryde Kwalifiseer vir die Super Agt.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is op 4 Julie 2009 bekend gemaak.
Eerste rondte Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.
Groep A Span22004+1.52521102−0.32520200−1.200
Groep B Span22004+0.42821102+0.35520200−1.595
Groep C Span22004+1.49521102+1.12520200−2.446
Groep D Span22004+2.78020111−0.45220111−3.500
Super Agt Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep E Span33006+0.96231202+0.04131202−0.37331202−0.617
Groep F Span33006+2.73332104−0.33331202−1.28130300−1.117
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-wêreldkampioen 2010
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2010.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2010: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 D/E 7 5 1 1 1063 774 +289 11 — 2 A/F 7 6 0 1 1137 937 +200 12 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 B/F 6 3 0 3 885 769 +116 6 — 4 A/E 6 2 0 4 947 960 –13 4 — In die Super Agt uitgeskakel 5 D/F 5 3 0 2 610 718 –108 6 — 6 B/E 5 3 0 2 614 674 –60 6 — 7 C/F 5 2 0 3 755 807 –52 4 — 8 C/E 5 2 0 3 747 739 +8 4 — In die eerste rondte uitgeskakel 9 D 2 0 1 1 82 258 –176 1 −3.500 10 A 2 0 0 2 265 313 –48 0 −1.200 11 B 2 0 0 2 113 209 –96 0 −1.595 12 C 2 0 0 2 195 255 –60 0 −2.446
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Mahela Jayawardene 302 2 Kevin Pietersen 248 3 Salman Butt 223 4 Craig Kieswetter 222 5 Suresh Raina 219 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Dirk Nannes 14 2 Charl Langeveldt 11 Steve Smith Saeed Ajmal 5 Graeme Swann 10
Sien ook
T20I-vrouewêreldbeker 2010
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf T20I-wêreldbeker 2010 op ESPNcricinfo
Kategorie:Krieket in Barbados Kategorie:Krieket in Guyana Kategorie:Krieket in St. Lucia Kategorie:Krieketkompetisies in Wes-Indië Kategorie:Sport in 2010 2010