Hierdie artikel handel oor die manskriekettoernooi. Vir die artikel oor die vrouekriekettoernooi, sien T20I-vrouewêreldbeker 2012.
Die T20I-wêreldbeker 2012 (Engels: 2012 ICC Men’s T20 World Cup) is van 18 September tot 7 Oktober 2012 in Sri Lanka beslis. Dit was die vierde T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2012 (2012 ICC World Twenty20; Singalees: 2012 අයිසීසී ලෝක විස්සයි20 තරගාවලිය; Tamil: 2012 ஐசிசி உலக இருபது20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend. Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Dit was die eerste T20I-wêreldbekertoernooi wat in ’n Asiatiese land aangebied is.
duimnael|links|upright|Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2007, 2009 en 2010 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2012 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan en Ierland).
Tydens die T20I-wêreldbeker 2012 is 27 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, twaalf in die Super Agt, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van drie spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Agt gekwalifiseer. In die Super Agt is die spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Australië, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Sri Lanka het Pakistan en Wes-Indië vir Australië geklop, waardeur die gasheer Sri Lanka en Wes-Indië mekaar in die eindstryd ontmoet het. Wes-Indië het Sri Lanka in die eindstryd op die R. Premadasa-stadion in Colombo met 36 lopies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel sedert die Kampioenetrofee 2004 ingepalm. Beide die verdedigende wêreldkampioen Engeland en Suid-Afrika is in die Super Agt uitgeskakel, terwyl Zimbabwe nie die Super Agt gehaal het nie.
Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Sri Lanka as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2012 aangewys. Ná die Kampioenetrofee 2002 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Sri Lanka aangebied is.
Deelnemers Die volgende twaalf spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2012 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka (gasheer), Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2012 gekwalifiseer. Afghanistan en Ierland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Vervolgens was daar geen verandering aan die deelnemende spanne teenoor die 2010-toernooi nie.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2012-kwalifisering; altesaam 26 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerVierde2010Naaswenner (2009)Volle ledeVierde2010Naaswenner (2010)Vierde2010Super Agt (2007)Vierde2010Kampioen (2010)Vierde2010Kampioen (2007)Vierde2010Halfeindrondte (2007)Vierde2010Kampioen (2009)Vierde2010Halfeindrondte (2009)Vierde2010Halfeindrondte (2009)Derde2010Eerste rondte (2007, 2010)T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2012Tweede2010Eerste rondte (2010)Derde2010Super Agt (2009)
Stadions Tydens die toernooi is drie Sri Lankaanse stadions gebruik. Altesaam 27 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2012 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Pallekele Colombo Hambantota Pallekele Krieketstadion R. Premadasa-stadion Mahinda Rajapaksa-stadion Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 35 000 200px 200px
Formaat Die T20I-wêreldbeker 2012 is oor 20 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 18 September 2012 op Mahinda Rajapaksa-stadion in Hambantota met die openingswedstryd tussen die gasheer Sri Lanka en Zimbabwe begin. Die toernooi het geëindig op R. Premadasa-stadion in Colombo op 7 Oktober met die eindstryd tussen Wes-Indië en Sri Lanka, waartydens Wes-Indië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009 en 2010 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2012 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Agt, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteSeptemberDi18Wo19Do20Vr21Sa22So23Ma24Di25Groep A | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 |Groep C | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
|Groep D
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1Super AgtSeptember/OktoberWo26Do27Vr28Sa29So30Ma1Di2Groep 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 |Groep 2
| bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2UitklopfaseOktoberWo3Do4Vr5Sa6So7Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep BGroep CGroep D
Die eerste rondte is op die volgende stede verdeel: Groep A: Colombo Groep B: Colombo Groep C: Hambantota Groep D: Pallekele
Eerste rondte en Super Agt Die T20I-wêreldbeker 2012 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die eerste rondte is die twaalf deelnemende spanne in vier groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span twee wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van elke groep het na die Super Agt deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi. ’n Superboulbeurt is gebruik vir die beslissing van twee wedstryde, naamlik die tussen Nieu-Seeland en Sri Lanka in Groep 1 op 27 September, asook die tussen Wes-Indië en Nieu-Seeland in dieselfde groep op 1 Oktober.
Die Super Agt is deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span drie wedstryde in die Super Agt gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 13 skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.
Skeidsregters Steve Davis (Australië) Bruce Oxenford (Australië) Simon Taufel (Australië) Rod Tucker (Australië) Ian Gould (Engeland) Richard Kettleborough (Engeland) Nigel Llong (Engeland) Billy Bowden (Nieu-Seeland) Tony Hill (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Asad Rauf (Pakistan) Kumar Dharmasena (Sri Lanka) Marais Erasmus (Suid-Afrika)
Wedstrydbeamptes Javagal Srinath (Indië) Jeff Crowe (Nieu-Seeland) Ranjan Madugalle (Sri Lanka)
Wedstryde Kwalifiseer vir die Super Agt.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase. Die groepe is op 21 September 2011 bekend gemaak.
Eerste rondte Twaalf spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Agt deurgedring.
Groep A Span22004+2.82521102+0.65020200−3.475
Groep B Span22004+2.18420111−1.85520111−2.092
Groep C Span22004+3.59821102+1.85220200−3.624
Groep D Span22004+0.70621102+1.15020200−1.868
Super Agt Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Agt spanne het aan die Super Agt deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1 Span33006+0.99832104−0.37531202−0.39730300−0.169
Groep 2 Span32104+0.46432104+0.27332104−0.27430300−0.421
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die R. Premadasa-stadion in Colombo ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
T20I-wêreldkampioen 2012
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2012.
duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2012: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 B/1 7 4 1 2 980 894 +86 9 — 2 C/1 7 5 0 2 941 891 +50 10 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 B/2 6 4 0 2 761 954 –193 8 — 4 D/2 6 4 0 2 891 857 +34 8 — In die Super Agt uitgeskakel 5 A/2 5 4 0 1 750 636 +114 8 — 6 A/1 5 2 0 3 739 746 –7 4 — 7 C/2 5 2 0 3 602 574 +28 4 — 8 D/1 5 2 0 3 816 771 +45 4 — In die eerste rondte uitgeskakel 9 B 2 0 1 1 252 125 +127 1 −2.092 10 D 2 0 0 2 307 369 –62 0 −1.868 11 A 2 0 0 2 216 355 –139 0 −3.475 12 C 2 0 0 2 193 276 –83 0 −3.624
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Shane Watson 249 2 Mahela Jayawardene 243 3 Marlon Samuels 230 4 Chris Gayle 222 5 Brendon McCullum 212 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Ajantha Mendis 15 2 Shane Watson 11 3 Mitchell Starc 10 4 Lakshmipathy Balaji 9 Sunil Narine
Sien ook
T20I-vrouewêreldbeker 2012
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf T20I-wêreldbeker 2012 op ESPNcricinfo
Kategorie:Geskiedenis van Sri Lanka Kategorie:Krieketkompetisies in Sri Lanka 2012 Kategorie:Sport in 2012