Hierdie artikel handel oor die manskriekettoernooi. Vir die artikel oor die vrouekriekettoernooi, sien T20I-vrouewêreldbeker 2014.

Die T20I-wêreldbeker 2014 (Engels: 2014 ICC Men’s T20 World Cup) is van 16 Maart tot 6 April 2014 in Bangladesj beslis. Dit was die vyfde T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2014 (2014 ICC World Twenty20; Bengaals: ২০১৪ আইসিসি বিশ্ব টুয়েন্টি২০) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend. Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Ná die T20I-wêreldbeker 2012 in Sri Lanka was dit die tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi in ’n Asiatiese land.

duimnael|links|upright|Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is Die T20I-wêreldbeker 2014 was die eerste toernooi met 16 deelnemende nasionale krieketspanne, teenoor die twaalf van die eerste vier T20I-wêreldbekertoernooie. Die 16 deelnemende nasionale krieketspanne was: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate). Hongkong, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer vir ’n T20I-wêreldbekertoernooi gekwalifiseer, waardeur vir die eerste keer agt spanne uit Asië aan ’n internationale kriekettoernooi deelgeneem het.

Tydens die T20I-wêreldbeker 2014 is 35 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 20 in die Super Tien, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 8 Oktober 2012 het aan die Super Tien deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die Super Tien gekwalifiseer. In die Super Tien is die spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Indië, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Suid-Afrika en Sri Lanka vir die verdedigende wêreldkampioen Wes-Indië geklop, waardeur die twee Suid-Asiatiese spanne Indië en Sri Lanka mekaar in die eindstryd ontmoet het. Sri Lanka het Indië in die eindstryd op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka met ses paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1996 en die gedeelde titel met Indië tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Sri Lanka se derde internasionale kriekettitel. Die gasheer Bangladesj is in die Super Tien uitgeskakel, terwyl Zimbabwe nie die Super Tien gehaal het nie.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Bangladesj in 2010 as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2014 aangewys. Ná die Kampioenetrofee 1998 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Bangladesj aangebied is.

Deelnemers Op 16 April 2012 het die IKR se uitvoerende raad besluit dat vanaf 2014 16 pleks van 12 spanne aan die T20I-wêreldbeker sal kan deelneem. Vervolgens kon naas die destydse tien toetslande ses assosiaatlede aan die T20I-wêreldbeker 2014 deelneem. Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj (gasheer), Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer. Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Hongkong, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan ’n T20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem. Gevolglik was dit die eerste T20I-wêreldbekertoernooi waaraan agt Asiatiese spanne deelgeneem het. Die agt beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 8 Oktober 2012 het regstreeks tot die Super Tien gevorder, terwyl die oorblywende agt spanne aan die eerste rondte deelgeneem het.

duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2014-kwalifisering; altesaam 26 lande het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerVyfde2012Super Agt (2007)Volle ledeVyfde2012Naaswenner (2010)Vyfde2012Kampioen (2010)Vyfde2012Kampioen (2007)Vyfde2012Halfeindrondte (2007)Vyfde2012Kampioen (2009)Vyfde2012Naaswenner (2009, 2012)Vyfde2012Halfeindrondte (2009)Vyfde2012Kampioen (2012)Vierde2012Eerste rondte (2007, 2010, 2012)T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2013Derde2012Eerste rondte (2010, 2012)Eerste –DebuutVierde2012Super Agt (2009)Tweede2009Eerste rondte (2009)Eerste –DebuutEerste –Debuut

Stadions Tydens die toernooi is drie Bengaalse stadions gebruik. Altesaam 35 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2014 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Chittagong Dhaka Sylhet Zohur Ahmed Chowdhury-stadion Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion Sylhet Internasionale Krieketstadion Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 26 000 Kapasiteit: 18 500 200px 200px 200px

Formaat Die T20I-wêreldbeker 2014 is oor 22 dae tussen 16 verskillende spanne oor 35 wedstryde beslis. Dit het op 16 Maart 2014 op Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka met die openingswedstryd tussen die gasheer Bangladesj en Afghanistan begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 6 April met die eindstryd tussen Indië en Sri Lanka, waartydens Sri Lanka die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2014 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Tien, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteMaartSo16Ma17Di18Wo19Do20Vr21Groep A | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2Super TienMaart/AprilVr21Sa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So30Ma31Di1Groep 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2

| bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 |Groep 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2UitklopfaseAprilWo2Do3Vr4Sa5So6Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Eerste rondte en Super Tien Die T20I-wêreldbeker 2014 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 8 Oktober 2012 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van albei groepe het na die Super Tien deurgedring.

In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.

Die Super Tien is deur tien spanne in twee groepe van vyf spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vier wedstryde in die Super Tien gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Tien-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.

Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 14 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Steve Davis (Australië) Bruce Oxenford (Australië) Paul Reiffel (Australië) Rod Tucker (Australië) Ian Gould (Engeland) Richard Illingworth (Engeland) Richard Kettleborough (Engeland) Nigel Llong (Engeland) Sundaram Ravi (Indië) Billy Bowden (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Kumar Dharmasena (Sri Lanka) Ranmore Martinesz (Sri Lanka) Marais Erasmus (Suid-Afrika)

Wedstrydbeamptes David Boon (Australië) Javagal Srinath (Indië) Ranjan Madugalle (Sri Lanka) Roshan Mahanama (Sri Lanka)

Wedstryde Kwalifiseer vir die Super Tien.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Tien en die uitklopfase.

Eerste rondte Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Tien deurgedring.

Groep A Span32104+1.46632104+0.93331202−0.98131202−1.455

Groep B Span32104+1.10932104+0.95732104−0.70130300−1.541

Super Tien Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Tien spanne het aan die Super Tien deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1 Span43106+2.23343106+0.07542204−0.67841302−0.77641302−0.866

Groep 2 Span44008+1.28043106+1.97142204−0.38441302−0.85740400−2.072

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka ontmoet het.

Halfeindrondte

Eindstryd

T20I-wêreldkampioen 2014

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 16 deelnemende nasionale krieketspanne in die T20I-wêreldbeker 2014.

duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2014: RangSpanGroep+/– Finaliste 1 1 6 5 0 1 807 659 +148 10 — 2 2 6 5 0 1 867 789 +78 10 — In die halfeindrondte uitgeskakel 3 2 5 3 0 2 725 648 +77 6 — 4 1 5 3 0 2 843 841 +2 6 — In die Super Tien uitgeskakel 5 2 4 2 0 2 593 612 –19 4 −0.384 6 1 4 2 0 2 432 612 –180 4 −0.678 7 1 4 1 0 3 643 570 +73 2 −0.776 8 2 4 1 0 3 597 682 –85 2 −0.857 9 B/1 7 3 0 4 947 911 +36 6 — 10 A/2 7 2 0 5 847 972 –125 4 — In die eerste rondte uitgeskakel 11 B 3 2 0 1 427 420 +7 4 +0.957 12 A 3 2 0 1 416 333 +83 4 +0.933 13 B 3 2 0 1 456 479 –23 4 −0.701 14 A 3 1 0 2 358 372 –14 2 −0.981 15 A 3 1 0 2 336 411 –75 2 −1.455 16 B 3 0 0 3 390 373 +17 0 −1.541

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Virat Kohli 319 2 Tom Cooper 231 3 Stephan Myburgh 224 4 Rohit Sharma 200 5 JP Duminy 187 Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Imran Tahir 12 Ahsan Malik 3 Samuel Badree 11 Ravichandran Ashwin 5 Amit Mishra 10

Sien ook

T20I-vrouewêreldbeker 2014

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf T20I-wêreldbeker 2014 op ESPNcricinfo

Kategorie:Geskiedenis van Bangladesj Kategorie:Krieketkompetisies in Bangladesj 2014 Kategorie:Sport in 2014