Babiana inclinata is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die renosterveld. Dit kom voor in die lae lande tussen Piketberg, Porterville, Gouda en Darling. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2 800 km² gehad maar het 95% van sy habitat afgestaan aan graanverbouing. Daar is slegs tien gefragmenteerde subpopulasies oor, meestal in pad reserwes. Die subpopulasies word bedreig deur te veel vuur, indringerplante en die afwesigheid van spesialis bestuiwers.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

inclinata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika