180px|thumb|'n Turkse efendi (1862).
'n Efendi of effendi"Efendi" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 26 September 2021. (Turks: efendi, van die Griekse αφέντης, aphentēs) is oorspronklik 'n adellike titel wat "heer" of "meester" beteken het, veral in die Ottomaanse Ryk en die Kaukasus. Die titel kom aanvanklik uit die antieke Griekse authentēs, wat "heer" beteken.
Later het die titel eerder iets soos "meneer" beteken. Dit is gewoonlik ná 'n persoon se titel gebruik en is gewoonlik gegee aan geleerdes en regeringsamptenare met hoë range, soos bei of pasja. Dit kon ook op 'n spesifieke beroep dui, soos hekim efendi, die sultan se hoofgeneesheer. Die besitlike vorm, efendim ("my meester") is deur diensknegte gebruik, in formele gesprekke en wanneer die telefoon beantwoord is.
In haar werk van 1904, Turkish Life in Town and Country, skryf Lucy Mary Jane Garnett die titel is soortgelyk aan die Engelse "esquire" in Brittanje. Dit is ook vir vroue gebruik.Garnett, Lucy Mary Jane. Turkish Life in Town and Country. G.P. Putnam's Sons, 1904. bl. 5. Turkye het die titel omstreeks die 1930's afgeskaf.Shaw, Stanford J. and Ezel Kural Shaw. History of the Ottoman Empire and Modern Turkey (Volume II). Cambridge University Press, 27 Mei 1977. , 9780521291668. bl. 386.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Titels