JA21 (statutêre naam: Conservatieve Liberalen) is 'n Nederlandse regs-populistiese, konserwatief-liberale politieke party. Die party se naam is 'n afkorting van Het Juiste Antwoord ("Die Regte Antwoord"), sowel as van die name van die stigters, Joost Eerdmans en Annabel Nanninga, en beteken ook "ja" soos in Afrikaans.Eerdmans en Nanninga doen met 'JA21' mee aan verkiezingen. NOS.nl, 18 Desember 2020.

JA21 is in Desember 2020 gestig nadat baie prominente lede van die Forum vir Demokrasie in November van daardie jaar hul party verlaat het weens rassistiese, antisemitiese en homofobiese uitlatings deur die FVD se jeugvleuel.15 partijprominenten, Staten- en gemeenteraadsleden van FVD stappen op. NU.nl, 26 November 2020. Die drie lede van die FVD-verteenwoordigers in die Europese Parlement het almal gou na JA21 oorgeloop,Eerdmans' JA21 krijgt in één klap drie zetels in Europees Parlement. RTV Rijnmond, 20 Desember 2020. net soos sewe lede van die Eerste Kamer wat die FVD al vroeër verwerp het.Ex-FvD-senatoren stappen over naar JA21. De Telegraaf, 24 Desember 2020. Tydens die verkiesing van die Tweede Kamer in 2021 het JA21 drie setels gewen. In die verkiesings op 22 November 2023 het JA21 één setel behaal en op 29 Oktober 2025 9 setels.

Beleidsgewys is die party nie ver verwyderd van die FVD nieː minder invloed van die Europese Unie, minder immigrasie en meer wet en orde.JA21: grondbeginselen en standpunten. Geraadpleeg op 26 September 2021.

Partyleier Joost Eerdmans: 18 Desember 2020 – nou

Verwysings

Bronne Het Juiste Antwoord (JA21), Parlement.com JA21 (Conservatieve Liberalen), DNPP

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Politieke partye in Nederland