Nisa, ook Mitradatkirt genoem, was 'n antieke stad in die Partiese Ryk. Dit is geleë naby die hedendaagse Asjchabat, Turkmenistan, 18 km wes van die middestad. Nisa word deur sommige beskryf as die eerste hoofstad van die Partiese of Arsakidiese Ryk. Daar word tradisioneel aangeneem dit is deur Arsakes I (bewind: omstreeks 250-211 v.C.) laat bou en dat dit die koninklike woonplek van die Partiese konings was, hoewel nooit vasgestel is of die fort by Nisa 'n koninklike woning of mausoleum was nie.

In 2007 is die fort tot 'n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar."UNESCO names World Heritage sites", BBC News, 28 Junie 2007.

Geskiedenis Nisa was 'n groot stad in die Partiese Ryk. Dit is later deur Mitridates I van Partië (bewind: omstreeks 171-138 v.C.) hernoem tot Mitradatkirt (Parties: 𐭌𐭕𐭓𐭃𐭕𐭊𐭓𐭕, "fort van Mitradates").

Die streek was bekend vir sy vinnige en mooi perde.Oppian of Apamea, Cynegetica or The Chase, §1.306–315 Dit is in die 1ste dekade v.C. heeltemal deur 'n aardbewing verwoes.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Partiese Ryk