Die Steenbrasrivier is 'n standhoudende rivier wat in die Wes-Kaap, Suid-Afrika vloei. Dit ontspring in die binneland en word net voor sy monding naby Gordonsbaai deur die Steenbrasdam opgedam.

Die Steenbrasrivier het, soos meeste riviere in die Wes-Kaap, 'n lae sedimentlading en verskaf water van 'n hoë gehalte. Die rivier asook die dam is vernoem na die steenbras, 'n vis endemies aan Suid-Afrika.

Eksterne skakel Google-kaart van die Steenbrasrivier se monding by Geonames.org (cc-by)

Kategorie:Riviere in Wes-Kaap