Moraea ciliata is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en Sukkulente Karoo is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap en kom van Namakwaland tot by Riversdal en die suidelike Karoo voor. Die plant word 5-20 cm groot en blom van Julie tot September, die blomme is geel of blou.
Daar is drie subspesies: Moraea ciliata subsp. ciliata Moraea ciliata subsp. cuprina Goldblatt & J.C.Manning Moraea ciliata subsp. lutescens Goldblatt & J.C.Manning
Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018, Bl. 106,
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika ciliata