Vologases V (Parties: , Walagash) was van 191 tot 208 koning van konings van die Partiese Ryk. As koning van Armenië (van 180 tot 191) was hy bekend as Vologases II. Nie veel is uit dié tyd van Armenië bekend nie, behalwe dat hy sy seun Rev I in 189 op die Iberiese troon geplaas het.
Vologases het in 191 sy pa, Vologases IV, as koning van Partië opgevolg. Dit is onseker of die magsoorname vreedsaam was en of Vologases die troon in 'n burgeroorlog afgeneem het. Toe Vologases V die Partiese troon bestyg, het hy sy seun Chosro I (bewind: 191-217) op die Armeense troon geplaas.
Vologases se bewind is gekenmerk deur oorlog met die Romeinse Ryk wat van 195 tot 202 geduur het en daartoe gelei het dat die Partiese hoofstad, Ktesifon, vir 'n kort ruk ingeneem is en die Romeinse heerskappy in Armenië en Noord-Mesopotamië hervestig is. Terselfdertyd het interne konflik in die Partiese Ryk voorgekom, met die plaaslike Persiese prins Pabag wat beslag gelê het op Istakhr, die hoofstad van die suidelike Irannese streek Persis.
Verwysings
Bronne
Skakels
Kategorie:Konings van Partië