Moraea fugax is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en kom van die Namakwaland, suidwaarts tot by die Kaapse Skiereiland en ooswaarts tot by Swellendam voor. Die plant blom van Augustus tot November en word 12-80 cm hoog met vertakte stammetjies. Die blomme kan wit, blou of geel wees, ruik skerp enword op 'n kompakte bloeiwyse gedra. Daar open gewoonlik net een blom op 'n slag.

Dit staan ook as die Hottentotsuintjie of soetuintjie bekend.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018, Bl. 106, Le Roux, A.; Schelpe, E. Veldblomgids van Suid-Afrika, Kaapse Departement Natuur- en Omgewingsbewaring, 1983, bl. 44.

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika fugax