Moraea fugacissima is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos en Sukkulente Karoo is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap en kom van Namakwaland tot Humansdorp voor. Die plant blom van Julie tot September en word 3-6 cm groot. Die plant se heldergeel blomme is net van van ±10:30 tot 16:00 oop. In Engels staan die blom bekend as clockflower.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018, Bl. 102,

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika fugacissima