Moraea collina is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Bainskloof tot Caledon voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 3400 km² en daar is meer as 20 subpopulasies. Alhoewel die plant van sy habitat afgestaan het aan gewasverbouing en ontwikkeling, word dit nog nie bedreig nie. Die plant blom van Julie tot September en word 20–50 cm groot. Dit blom gewoonlik na 'n vuur.

Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018, Bl. 106,

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika collina