Die patrysuintjie (Moraea bellendenii) is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap en kom van Darling tot by Plettenbergbaai voor. Die plant word 50-100 cm groot en blom in Oktober en November, die blomme is geel.

Galery

Bronne SANBI Redlist Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018, Bl. 106,

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika bellendenii