Empodium veratrifolium is 'n meerjarige blomplant en knolvormende geofiet wat tot die genus Empodium behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 500 km² en daar is vyftien subpopulasies; die plant kom van Lambertsbaai tot by Saldanhabaai op die Saldanha-strandveld voor. Die plant het van sy habitat verloor weens ontwikkeling aan die kus. Indringerplante word ook 'n bedreiging.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Empodium Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika