Haworthia wittebergensis is 'n meerjarige sukkulent wat tot die genus Haworthia behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Witteberg tot Anysberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 305 km² en word as seldsaam beskou. Alhoewel dit onwettig versamel word, kom die plant nog volop voor.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
wittebergensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika