Haworthia parksiana is 'n meerjarige sukkulent wat tot die genus Haworthia behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Groot-Brakrivier tot by Mosselbaai voor.
Die plant het 'n voorkomsgebied van 35 km². Dit het reeds 80% van sy habitat verloor weens stedelike ontwikkeling, padkonstruksie en indringerplante. Onwettige plantversamelaars dra ook by tot die plant se afname.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
parksiana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika