Geissorhiza elsiae is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom in die Kammanassieberge en Baviaanskloofberge op die suidelike hellings voor. Die populasie word tans beraam op 1000 plante maar kan groter wees omrede die spesie nog nie omvattend ondersoek is nie.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
elsiae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika