Geissorhiza fourcadei is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom van die Outenikwaberge tot by Witels in die Tsitsikammaberge voor en in die binneland in die Kammanassieberge. Die plant groei by stroompies, oewers van strome en in moerasagtige grond en het geen bedreigings nie.

Die plant is vernoem na die Suid-Afrikaanse plantkundige: Henri Georges Fourcade.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

fourcadei Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika