thumb|550px|Jheronimus Bosch, Tuin van Wellus, olie op eikepanele, 205,5 x 384,9 cm, Museo del Prado, Madrid. Die Tuin van Wellus is die moderne titelIn dié tyd het skilderye nie spesifieke name gehad nie. Dit was destyds in Spaans bekend as La Pintura del Madroño en vandag as El Jardín de las Delicias. van 'n triptiek (kunswerk met drie panele) in olie op eikepanele wat die Ou Nederlandse meester Jheronimus Bosch tussen 1490 en 1510 geskilder het, toe hy tussen 40 en 60 jaar oud was.Bosch se presiese geboortedatum is onseker, maar word geraam op 1450. Gibson, 15-16 Dit word sedert 1939 in die Museo del Prado in Madrid, Spanje, gehou.

Omdat min bekend is oor Bosch se lewe en bedoelings, wissel vertolkings van sy skildery van 'n vermaning teen vleeslike wellus tot 'n ernstige waarskuwing van die gevare van die lewe se versoekings tot 'n uitlokking tot die uiterste seksuele genot. Die ingewikkeldheid van die simbolisme, veral van die sentrale paneel, het oor die eeue gelei gelei tot uiteenlopende interpretasies. 20ste-eeuse kunshistorici kan nie saamstem of die triptiek se middelste paneel 'n morele waarskuwing of 'n panorama van wellus is nie.

Bosch het drie groot triptieke geskilder; die ander twee is van omstreeks 1482 en 1516. Dit kan van links na regs gelees word en elke paneel is noodsaaklik vir die betekenis van die geheel. Elk van die drie werke verteenwoordig aparte, maar verwante temas oor geskiedenis en geloof. Triptieke uit dié tydperk was gewoonlik bedoel om in vervolging gelees te word, met die linker- en regterpanele wat dikwels onderskeidelik die tuin van Eden en die Laaste Oordeel uitbeeld, terwyl die hoofonderwerp in die middelste paneel behandel is.Belting, 85–86 Dit is onbekend of die Tuin as 'n altaarskildery bedoel was, maar die buitengewone onderwerp daarvan laat die meeste mense dink dit was waarskynlik nie vir 'n klooster of kerk bedoel nie, maar vir 'n niegeestelike koper.Gibson, 99

Beskrywing Buitekant thumb|links|200px|Die buitepanele wys die wêreld tydens die skepping, dalk op die derde dag, voor die verskyning van diere en mense.Von Baldass, 33

Wanneer die triptiek se kantpanele toe is, raak die buitenste ontwerp sigbaar. Dit het nie veel kleur nie,Snyder 1977, 102 moontlik omdat Nederlandse triptieke so geskilder is, maar ook dalk omdat dit wys die skildery beeld 'n tyd uit voor die skepping van die son en die maan, wat volgens die Christelike teologie geskep is "om lig aan die aarde te verskaf". Die tipiese vaal buitepanele beklemtoon ook die helder kleure van die binnekant.Veen & Ridderbos, 6

Daar word algemeen geglo die buitepanele beeld die skepping van die aarde uit, met groenigheid wat pas die aarde begin oortrek het.Belting, 22 God, met 'n kroon op die kop, kan as 'n klein figuur links bo gesien word. Bosch wys God as die Vader, wat met 'n Bybel op sy skoot sit en die aarde skep met 'n passiewe "laat daar lig wees".Gibson, 88

Bo hom is 'n aanhaling uit Psalm 33: Ipse dīxit, et facta sunt: ipse mandāvit, et creāta sunt – "Wat die Here sê, gebeur, alles wat Hy doen, staan vas."Dempsey, Charles. "Sicut in utrem aquas maris: Jerome Bosch's Prolegomenon to the Garden of Earthly Delights". MLN. The Johns Hopkins University Press, 119:1, Januarie 2004. S247–S270. Besoek op 14 November 2007. Die aarde is omring deur 'n deurskynende sfeer, wat dui op die uitbeelding van die geskepte wêreld as 'n kristalsfeer wat deur God of Christus vasgehou word.Cinotti, 100

Ondanks die teenwoordigheid van plantegroei, bevat die aarde nog geen menslike of dierelewe nie, wat aandui die toneel beeld die Bybelse derde dag uit.

Om die binnekant van die aarde is die see, wat veral verlig word deur ligstrale wat deur die wolke skyn. Die beeld is van 'n onbevolkte aarde wat net uit rotse en plante bestaan en 'n sterk kontras vorm met die binnepaneel, wat 'n paradys vol lustige lewe wys.

Binnekant

Geleerdes het al voorgestel dat Bosch die buitepanele gebruik het om 'n Bybelse toneel te vestig vir die binnepanele, en dit speel dus in 'n vroeëre tyd af. Die sentrale paneel het 'n hemelse en helse toneel aan weerskante. Die tonele wat in die triptiek uitgebeeld word, volg vermoedelik 'n chronologiese volgorde: van links na regs verteenwoordig hulle Eden, die tuin van wellus, en hel.Calas, Elena. "D for Deus and Diabolus. The Iconography of Hieronymus Bosch". The Journal of Aesthetics and Art Criticism, Volume 27, No. 4, Summer, 1969. 445–454 God verskyn aan die linkerkant as die skepper van die mens, terwyl die nalating van die mens om sy wil te volg, regs uitgebeeld word.

260px|thumb|Naakte figure wat op verskeie maniere plesier soek, sentrale paneel (detail). Anders as in Bosch se twee ander triptieke, is God nie in die middelste paneel teenwoordig nie. Die sentrale paneel beeld eerder die mens uit wat doen wat hy wil – met naakte mans en vroue wat op verskillende maniere plesier soek. Volgens sommige vertolkings wys die regterpaneel God se straf in 'n heltoneel.Glum, 45

Volgens die kunshistorikus Charles de Tolnay wys die uitlokkende blik van Adam op die linkerpaneel reeds God se afnemende invloed op die nuut geskepte aarde. Diè mening word versterk deur die uitbeelding van God in die buitenste panele as 'n klein figuur in vergelyking met die grootsheid van die aarde. Volgens Hans Belting toon die drie binneste panele rofweg die Ou Testamentiese idee dat daar voor die Sondeval nie 'n gedefinieerde grens was tussen goed en sleg nie; die mensheid was in sy onskuld onbewus van gevolg.Belting, 57

Linkerpaneel thumb|links|240px|Detail van die linkerpaneel, wat God, Adam en Eva in die tuin van Eden uitbeeld.

Die linkerpaneel (wat soms die Vereniging van Adam en Eva genoem word)Dixon, Laurinda S. "Bosch's Garden of Delights: Remnants of a 'Fossil' Science". Art Bulletin, LXIII, 1981. 96–113 beeld 'n toneel in die tuin van Eden uit wat algemeen vertolk word as die oomblik toe God Eva aan Adam bekendstel. Die skildery wys Adam nadat hy uit 'n diep slaap ontwaak het en God sien wat Eva se pols vashou en 'n teken gee dat hy die verbintenis tussen hulle goedkeur. God lyk hier jonger as op die ander panele en het blou oë en goue krulhare. Dit kan 'n manier van die kunstenaar wees om die begrip uit te beeld van Christus as die inkarnasie van die Woord van God.Gibson, 92 God se regterhand is opgelig in 'n seëngebaar, terwyl hy Eva se pols met sy linkerhand vashou.

Eva vermy Adam se blik, maar volgens Walter S. Gibson "bied sy haar liggaam verleidelik aan Adam". Adam se gesigsuitdrukking is een van verbasing, en Fraenger noem drie redes: die teenwoordigheid van God, die besef dat Eva van dieselfde aard as hy is en uit sy liggaam geskep is, en omdat hy seksuele prikkeling ervaar en die oerdrang het om vir die eerste keer voort te plant (wat deur die intense blik in sy oë versterk word).Fraenger, 46

thumb|220px|'n Swerm voëls vlieg deur die gate van 'n hutvormige struktuur links op die agtergrond van die linkerpaneel. Die omringende landskap is vol hutvormige strukture, sommige van klip terwyl ander minstens gedeeltelik organies is. Agter Eva speel konyne, wat vrugbaarheid simboliseer, in die gras en 'n drakebloedboom aan die teenoorgestelde kant verteenwoordig vermoedelik die ewige lewe.Gibson, 25 Op die agtergrond is verskeie diere wat Europeërs destyds as eksoties sou beskou het, soos 'n kameelperd, 'n olifant en 'n leeu wat op die punt is om sy prooi te eet. Uit 'n gat op die voorgrond kom voëls en ander diere met vlerke – sommige is realisties en ander nie. Agter 'n vis is iets wat lyk soos 'n mens met 'n eendebek in 'n top met kort moue en 'n kappie wat 'n boek vashou asof hy lees. Heel links hou 'n kat 'n akkedisagtige dier in sy bek. Belting het waargeneem die diere voor is baie verbeeldingryk, terwyl dié in die middel en agter geskilder is uit reisgeskrifte van dié tyd.Belting, 26

Volgens die kunshistorikus Virginia Tuttle is die toneel "hoogs onkonvensioneel" en kan dit nie verbind word met enige van die gebeure uit Genesis wat tradisioneel in Westerse kuns uitgebeeld word nie.Tuttle, Virginia. "Lilith in Bosch's 'Garden of Earthly Delights'". Simiolus: Netherlands Quarterly for the History of Art, Volume 15, No. 2, 1985. 119 Van die beelde kontrasteer met die onskuld wat in die tuin van Eden verwag sou word. Tuttle en ander resensente vertolk Adam se blik op sy vrou as wellustig, en 'n aanduiding van die Christelike idee dat die mens van die begin af gedoem was. Gibson glo Adam se gesigsuitdrukking toon nie net verbasing nie, maar ook afwagting. Volgens 'n algemene geloof in die Middeleeue sou Adam en Eva voor die Sondeval seks kon hê net om voort te plant, sonder wellus. Baie het geglo die eerste sonde nadat Eva van die verbode vrug geëet het, was seksuele wellus.Gibson, 92–93 Aan 'n boom regs in die middel krul 'n slang om die stam van 'n boom, terwyl 'n muis regs van hom voorkom. Volgens Fraenger is albei diere universele falliese simbole.Fraenger, 122

Sentrale paneel thumb|220px|'n Groep naakte vroue op die sentrale paneel. Die kop van die een is versier met twee kersies, 'n simbool van trots. Aan haar regterkant drink 'n man wellustig uit 'n organiese houer. Agter die groep dra 'n man 'n paartjie in 'n skulp.Gibson, 85 thumb|links|240px|Die middelste bol in die sentrale paneel se boonste agtergrond is 'n mengsel van klip en organiese materiaal. Dit is versier met naakte figure wat saam en saam met ander wesens baljaar. Sommige wesens is realisties en ander nie. thumb|220px|Drie figure wat met hare bedek is en vermoedelik die oermens voorstel. Regs onder in 'n grot is die enigste man met bruin hare. Hy is ook die enigste geklede figuur.

Die lug van die sentrale paneel (220 × 195 cm) stem presies ooreen met dié van die linkerpaneel, terwyl die posisie van sy middelste poel en die meer daaragter dieselfde is as die meer in die vroeëre toneel. Die middelste beeld bevat die uitgebreide tuinlandskap wat aan die triptiek sy naam gee. Die gesamentlike horison dui op 'n ruimtelike verbintenis tussen die twee tonele.Linfert, 106–108 Die tuin is vol naakte mans en vroue, asook 'n verskeidenheid diere, plante en vrugte.Mann, Richard G. "Melanie Klier's: Hieronymus Bosch: Garden of Earthly Delights". Utopian Studies, 16.1, 2005

Die toneel is nie die paradys wat links uitgebeeld word nie, maar lyk ook nie soos die aarde nie.Belting, 47 Fantasiefigure meng met realistiese figure; vrugte wat andersins gewoon is, is reusagtig. Die figure is betrokke in 'n verskeidenheid amoreuse sportsoorte en bedrywighede, twee-twee of in groepe. Volgens Gibson tree hulle "openlik en sonder skaamte" op,Gibson, 80 terwyl Dixon skryf die menslike figure toon 'n "sekere adolessente seksuele nuuskierigheid".

Baie van die menslike figure verlustig hulle in 'n onskuldige, selfbehepte soort vreugde terwyl hulle aan 'n verskeidenheid bedrywighede deelneem; sommige lyk of hulle sintuiglike genot ervaar, ander speel sonder selfbewustheid in die water, en nog ander baljaar saam met ander kreature in vleie en lyk of hulle een met die natuur is. In die middel van die agtergrond styg 'n groot, blou bol wat soos 'n vrugtepeul lyk, uit die middel van die meer. In die ronde venster kan 'n man gesien word wat sy regterhand naby sy maat se geslagsdele hou, en die kaal sitvlak van nog 'n figuur kan naby hulle gesien word. Volgens Fraenger kan die erotiek van die sentrale paneel beskou word as óf 'n voorstelling van spirituele oorgang óf 'n korrupte speelplek.Fraenger, 10