Geissorhiza exilis is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is inheems aan die Wes-Kaap en kom in op die laer hellings van die Waaihoekberg by Worcester voor. Die spesie is eers in 2009 ontdek en daar is tans net een populasie bekend. Dit het baie ooreenkomste met Aristea nigrescens ten opsigte van habitat. Dit word bedreig deur die aanplant van wingerde en boorde en is afhanklik van brandbestuur om te blom.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

exilis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika