Lachenalia pygmaea is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die Sukkulente Karoo en die fynbos. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en kom in twee gebiede voor. Dit kom in Namakwaland op die Kamiesberg en suid van Garies voor. Verder suid kom dit in die De Hoop-natuurreservaat asook op die noordelike voorheuwels van die Anysberg voor. Tans het die plant geen bedreigings nie.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

pygmaea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika