Lachenalia reflexa is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die renosterveld en die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom voor van Darling tot by die Kaapse Skiereiland en Franschhoek en het 'n voorkomsgebied van 2446 km². Die plant het habitat afgestaan aan gewasverbouing in die Swartland en stedelike ontwikkeling op die Kaapse Vlakte. Die plant word bedreig deur indringerplante, oorbeweiding, 'n gebrek aan brandbestuur en besoedeling.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
reflexa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika