Lachenalia quadricolor is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die renosterveld en die fynbos-biome. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom op die Weskus vanaf Langebaan, suidwaarts tot in die noorde van die Kaapse Skiereiland, Kaapse Vlakte en Somerset-Wes voor.

Die spesie het baie van sy habitat verloor in en om Langebaan, Kaapstad, Bellville, Brackenfell en Stellenbosch aan kus- en voorstedelike ontwikkeling. In die Swartland en om Stellenbosch is groot gedeeltes van die plant se habitat omgeploeg en in graanlanderye en wingerde omskep. By Darling en Mamre word die klein subpopulasies deur indringerplante bedreig.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

quadricolor Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika