Montana (Engels: State of Montana) is 'n deelstaat in die noordweste van die Verenigde State van Amerika (VSA), met 'n bevolking wat in 2019 op 1 068 000 beraam is. Na sy bewoners word in Engels as Montanans verwys. Montana grens aan Kanada in die noorde, Wyoming in die suide, Idaho in die weste en Suid- en Noord-Dakota in die ooste. Die Missouririvier ontspring by Brower's Spring. duimnael|links|Sononder oor Lake McDonald in die Glacier National Park duimnael|links|Die bergwêreld van die Glacier National Park is so asemberowend dat die Nasionale Parkdiens en privaat ondernemings buitelug-huwelikspakkette aanbiedGlacier Park Collection: Ancient Landscapes, New Vows. Besoek op 28 Junie 2020 duimnael|links|Die Flathead-meer, wat deur die gelyknamige rivier gevoed word, is die grootste meer tussen die Mississippi en die Stille Oseaan duimnael|links|Sonop oor die Madison-bergreeks, Beaverhead-Deerlodge National Forest duimnael|links|Spitstyd in Montana duimnael|links|I said... no!Die reg van weg behoort in die deelstaat aan beeste duimnael|links|'n Skotse Angus-bees op 'n weiveld in die Gravelly-bergreeks, Beaverhead-Deerlodge National Forest duimnael|links|Hengelsport op die Madison-rivier, Beaverhead-Deerlodge National Forest
Montana is die vierde grootste Amerikaanse deelstaat volgens oppervlakte na Alaska, Texas en Kalifornië, maar met 'n bevolkingsdigtheid van slegs ses inwoners per vierkante myl ook een van die mees ylbevolkte. Die deelstaat se naam is afgelei van die Spaanse montaña wat as "berg" of "bergagtige streek" vertaal. Met 'n gemiddelde hoogte van 3 400 voet bo seevlak is Montana se pieke die laagste in die Rotsgebergte-streek.
Verwysings
Eksterne skakels Toerisme
Visit Montana Geskiedenis
Montana Historical Society