duimnael|Namibiese geld: 10c, 50c, N$1, N$5
Die Namibiese dollar (kode NAD) is sedert 1993 die geldeenheid van Namibië. Die eenheid word gelykstaande gehou met die Suid-Afrikaanse rand (ZAR). Laasgenoemde is ook 'n amptelike geldeenheid weens Namibië se lidmaatskap in die Gemeenskaplike Monetêre Gebied.
Muntstukke in sirkulasie is: 5, 10, 50 sent, $1 en $5. Banknote is $10, $20, $50, $100 en $200.
Geskiedenis duimnael|Voorkant van 'n 10-Mark-proef-muntstuk duimnael|Agterkant van 'n 10-Mark-proef-muntstuk Die Namibiese dollar vervang die Suid-Afrikaanse rand, ook Suidwes-Afrika se geldeenheid terwyl die land deel van Suid-Afrika was van 1920 tot 1990. Die rand is steeds 'n wettige betaalmiddel, omrede die Namibiese dollar gekoppel is aan die Suid-Afrikaanse rand en plaaslik geruil kan word op 'n een-tot-een basis. Namibië was ook deel van die Rand Monetêre Gebied vanaf sy onafhanklikheid in 1990 tot die instelling van die dollar in 1993.
In 1990 is begin om die rand te vervang met 'n nuwe Namibiese geldeenheid. Die naam kalahar is voorgestel, synde die Kalahariwoestyn in die ooste van Namibië geleë is. Die sentrale bank van Namibië sou bekend staan as die Namibiese Reserwebank. Denominasies van hierdie beplande geldeenheid het ingesluit 2, 5, 10, en 20 kalahar. (Let wel: Daar was twee verskillende ontwerpe vir die 20 kalahar eksemplaarnote). Hierdie planne het op niks uitgeloop nie, maar 'n paar proefnote is gedruk in 'n verskeidenheid van denominasies.
Die Bank van Namibië het die eerste banknote in September 1993 uitgereik en gedurende Desember van daardie jaar ook die eerste nasionale muntstukke.
Munte Munte in sirkulasie sedert Desember 1993 Beeld Nominalewaarde Deursnee Beskrywing Materiaal Voorkant Agterkant Voorkant Agterkant 5 sent ∅ 17 mm Aalwyn Wapen van Namibië Nikkel/Staal 10 sent ∅ 21,5 mm Kameeldoring Wapen van Namibië Nikkel/Staal 50 sent ∅ 24 mm Kokerboom Wapen van Namibië Nikkel/Staal N$ 1 ∅ 22,5 mm Berghaan Wapen van Namibië Aluminium/Brons N$ 5 ∅ 25 mm Visarend Wapen van Namibië Aluminium/Brons
Muntstelsel is 1993, 1996, 1998, 2000 en 2002.
Banknote Hersiene banknote in sirkulasie sedert Oktober 2015 Beeld Nominalewaarde Afmetings Beskrywing Voorkant Agterkant Voorkant Agterkant Kleur 128px 128px N$ 10 129 × 70 mm Sam Nujoma Tintenpalast Springbok Wapen van Namibië blou 134px 134px N$ 20 134 × 70 mm Sam Nujoma Tintenpalast Rooihartbees Wapen van Namibië oranje
Hersiene Banknote in sirkulasie sedert Junie 2013 Beeld Nominalewaarde Afmetings Beskrywing Voorkant Agterkant Voorkant Agterkant Kleur 128px 128px N$ 10 129 × 70 mm Sam Nujoma Tintenpalast Springbok Wapen van Namibië blou 134px 134px N$ 20 134 × 70 mm Sam Nujoma Tintenpalast Rooihartbees Wapen van Namibië oranje
Banknote in sirkulasie sedert Mei 2012 Beeld Nominalewaarde Afmetings Beskrywing Voorkant Agterkant Voorkant Agterkant Kleur 128px 128px N$ 10 129 × 70 mm Sam Nujoma Tintenpalast Springbok Wapen van Namibië blou 134px 134px N$ 20 134 × 70 mm Sam Nujoma Tintenpalast Rooihartbees Wapen van Namibië oranje 140px 140px N$ 50 140 × 70 mm Hendrik Witbooi Tintenpalast Koedoe Wapen van Namibië groen 146px 146px N$ 100 147 × 70 mm Hendrik Witbooi Tintenpalast Oryx Wapen van Namibië rooi 152px 152px N$ 200 152 × 70 mm Hendrik Witbooi Tintenpalast Bastergemsbok Wapen van Namibië violet
Banknote voor 2012 Hierdie banknote is sedert 1993 of 1996 in sirkulasie. Hulle is vanaf 21 Maart 2012 deur nuwe banknote wat op 15 Mei 2012 in sirkulasie gebring is vervang, maar behou nog hulle geldigheid. Banknote in sirkulasie sedert 15 September 199312 Beeld Nominalewaarde Afmetings Beskrywing Voorkant Agterkant Voorkant Agterkant Kleur 128px 128px N$ 10 128 × 70 mm Hendrik Witbooi Wapen van NamibiëTintenpalast Springbok Vlag van Namibië blou 134px 134px N$ 20 134 × 70 mm Hendrik Witbooi Wapen van NamibiëTintenpalast Rooihartbees Vlag van Namibië oranje 140px 140px N$ 50 140 × 70 mm Hendrik Witbooi Wapen van NamibiëTintenpalast Koedoe Vlag van Namibië groen 146px 146px N$ 100 146 × 70 mm Hendrik Witbooi Wapen van NamibiëTintenpalast Oryx Vlag van Namibië rooi 152px 152px N$ 200 152 × 70 mm Hendrik Witbooi Wapen van NamibiëTintenpalast Bastergemsbok Vlag van Namibië rooi/blou 1 20-dollar-banknote sedert 1996. 2 200-dollar-banknote sedert 2001.
Sien ook Ekonomie van Namibië
Verwysings
Eksterne skakels
Bank van Namibië Banknote van Namibië