duimnael|Muntstukke duimnael|Muntstukke duimnael|Muntstukke

Die lempira is sedert 1931 die geldeenheid van Honduras, 'n land in Sentraal-Amerika. Die lempira is na die Lenca-Indianeleier en -vryheidstryder Lempira vernoem. Sy afbeelding kan op die 1 lempira noot, asook die 50 centavos muntstuk gesien word.

In 1980 kon een Amerikaanse dollar vir twee lempira's gewissel word, in 2004 was een dollar egter reeds 18,75 lempira werd gewees. Sindsdien is die koers gestabiliseer. In Februarie 2011 word een dollar teen 18,5 lempira gewissel.

Munte in omloop: 1 centavo 2 centavos 5 centavos 10 centavos 20 centavos 50 centavos 1 lempira

Note in omloop: 1 lempira 5 lempiras 10 lempiras 20 lempira 100 lempiras 500 lempiras

Eksterne skakels

Kategorie:Geldeenhede Kategorie:Honduras