Lachenalia mediana is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Vredenburg en vanaf Porterville tot by Gordonsbaai voor. Meer as 80% van die spesie se habitat het verlore gegaan aan gewasverbouing (wingerde en graan) en ontwikkeling ook, terwyl indringerplante ook 'n bedreiging geword het.

Subspesies Daar is twee subspesies: Lachenalia mediana subsp. mediana Lachenalia mediana subsp. rogersii (Baker) G.D.Duncan

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

mediana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika