Lachenalia moniliformis is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Breederiviervallei tussen Worcester en Villiersdorp en Bonnievale voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 233 km² en daar is drie subpopulasies waarvan een amper uit 100 plante bestaan. Die totale populasies word op minder as 300 plante beraam.

Die spesie het meer as 50% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en die proses hou steeds aan. Kleiner gedeeltes het ook verlore gegaan weens oorbeweiding, 'n gebrek aan veldbrande en erosie.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

moniliformis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika