Lachenalia montana is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Franschhoek tot by Hangklip en Hermanus voor. Die spesie groei meestal op suidelike hellings en blom nadat dit gebrand het. Die subpopulasies in die Franschhoek-berge en om Houw Hoek word bedreig deur moontlike indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

montana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika