Lachenalia martleyi is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Somerset-Wes voor. Die spesie is egter in 1922 laas gesien en word as uitgestorwe beskou. Die gebied waar die plant voorgekom het, het drasties verander, wingerde is aangelê of is toegebou weens ontwikkeling.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
martleyi Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika