Lachenalia buchubergensis is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet en is deel van die Sukkulente Karoo. Die spesie is inheems aan die Noord-Kaap en Namibië. Dit kom in die Richtersveld in die Oranjeriviervallei en in die suidweste van Namibië voor, waar meer as 50% van die plant voorkom. Die populasie in Suid-Afrika word bedreig deur oorbeweiding.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

buchubergensis Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika