Lachenalia aloides is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en deel is van die renosterveld. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom tussen Wellington en Durbanville voor. Daar is ongeveer tien subpopulasies en die spesie het ongeveer 60% van sy habitat afgestaan aan voorstedelike ontwikkeling en gewasverbouing. Indringerplante en vertrapping is ook 'n bedreiging. In Engels staan die plant bekend as die Cape Cowslip.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

aloides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika