2,2-Dimetielbutaan, ook bekend as neoheksaan, is 'n organiese verbinding met formule of (HC)C-CHCH. Dit is dus 'n alkaan, inderdaad die mees kompakte en vertakte van die heksaanisomere - die enigste met 'n kwaternêre koolstof en 'n butaan-ruggraat.

Sintese 2,2-Dimetielbutaan kan gesintetiseer word deur die hidroisomerisering van 2,3-dimetielbutaan met behulp van 'n suurkatalisator.

Dit kan ook gesintetiseer word deur n-pentaan te isomeriseer in die teenwoordigheid van 'n katalisator wat kombinasies bevat van een of meer van palladium, platinum, rodium en renium op 'n matriks van zeoliet, alumina, silikondioksied of ander materiale. Sulke reaksies skep 'n mengsel van finale produkte, insluitend isopentaan, n-heksaan, 3-metielpentaan, 2-metielpentaan, 2,3-dimetielbutaan en 2,2-dimetielbutaan. Aangesien die samestelling van die finale mengsel temperatuurafhanklik is, kan die gewenste finale komponent verkry word deur die keuse van katalisator en deur kombinasies van temperatuurbeheer en distillasies.

Gebruike Neoheksaan word as toevoeging in brandstowwe en in die vervaardiging van landbouchemikalieë gebruik. Dit word ook gebruik in 'n aantal kommersiële, motor- en huisonderhoudsprodukte, soos kleefmiddels, elektroniese kontakreinigers en poleeringsmiddels vir stoffering.

In laboratoriuminstellings word dit algemeen as 'n toets-molekule gebruik in tegnieke wat die aktiewe plekke van metaalkatalisators bestudeer. Sulke katalisators word gebruik in waterstof-deuterium-uitruil-, hidrogenolise- en isomeriseringsreaksies. Dit is goed geskik vir hierdie doel, aangesien 2,2-dimetielbutaan sowel 'n isobutiel- as 'n etielgroep bevat.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Chemie Kategorie:Organiese chemie Kategorie:Organiese verbindings