Romulea vlokii is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die familie Iridaceae behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Die plant kom in die Langeberg, Kammanassieberge, Swartberge en Gamkaberg voor. Daar is vyf sub populasies wat uit totaal 650 plante bestaan. Dit het al van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en word tans bedreig deur indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

vlokii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika