Romulea collina is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die familie Iridaceae behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom in die Hantamberg voor. Hier is daar een bevolking wat bedreig word deur vertrapping, oorbeweiding en padwerke.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
collina Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika