Romulea pilosa is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die familie Iridaceae behoort en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor in die Overberg tussen Greyton en Riviersonderend. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is twee subpopulasies. Die plant het 95% van sy renosterveld habitat afgestaan aan gewasverbouing.

Die spesie is in die 1930's naby Riviersonderend ontdek en was vir jare die enigste populasie bekend. In 2009 is 'n tweede subpopulasie van 50 plante ontdek en in 2014 nog een by Greyton wat tussen 500 tot 1000 plante groot is. Die populasies word bedreig deur indringerplante, oorbeweiding en onkruid- en insekdoders.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

pilosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika