Romulea discifera is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die familie Iridaceae behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom by Nieuwoudtville voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is slegs een bevoking. Die spesie het 90% van sy habitat afgestaan aan graanverbouing en padkonstruksie. Die oorblywende gefragmenteerde bevolking is langs 'n pad en word bedreig deur vee en indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

discifera Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika