Romulea lilacina is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die familie Iridaceae behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Koue Bokkeveld voor. Hier kom die plant op die banke van die Rietrivier voor. Veertig persent van die plant se habitat is oorgeneem deur gewasverbouing en die bedreiging bestaan steeds.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
lilacina Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika