Romulea albiflora is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die familie Iridaceae behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Roggeveldberge in die Noord-Kaap waar dit op die eskarp voorkom. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1 km². Die spesie het reeds van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing terwyl die oorblywende plante op die rant van 'n geploegde veld is. Die totale bevolking bestaan uit minder as 250 plante. Die bedreiging bestaan steeds.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

albiflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika