Ixia trinervata is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Elgin tot by Caledon voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 425 km². Die spesie het groot dele van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing. Daar is tans slegs 15% van die plant se renosterveld habitat oor. Bedreigings tans is indringerplante, oorbeweiding en 'n gebrek aan veldbrande.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika trinervata